Lukas 1:57-69

Lukas 1:57-69 CAB23

Nou het Elisabeth se volle tyd gekom dat sy verlos sou word; en sy het 'n seun gebaar. En haar bure en haar niggies het gehoor hoe die Here groot genade aan haar bewys het; en hulle was saam met haar bly. En dit het gebeur dat hulle op die agtste dag gekom het om die seuntjie te besny; en hulle het hom Sagaria genoem, na die naam van sy vader. En sy moeder antwoord en sê: Nie so nie; maar hy sal Johannes genoem word. En hulle sê vir haar: Daar is niemand van jou familie wat hierdie naam genoem word nie. En hulle het vir sy vader tekens gemaak hoe hy hom wou laat roep. En hy het 'n skryftafel gevra en geskryf en gesê: Sy naam is Johannes. En hulle het almal verwonder. En dadelik is sy mond geopen, en sy tong het losgegaan, en hy het gespreek en God geprys. En vrees het gekom oor almal wat rondom hulle gewoon het, en al hierdie woorde is opgehef in die hele gebergte van Judéa. En almal wat dit gehoor het, het dit in hulle harte opgelê en gesê: Watter kind sal dit wees? En die hand van die Here was met hom. En sy vader Sagaria is vervul met die Heilige Gees en het geprofeteer en gesê: Geloofd sy die Here, God van Israel; want Hy het sy volk besoek en verlos, En Hy het vir ons 'n horing van verlossing opgerig in die huis van sy kneg Dawid

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid