Levitikus 7:11-15

Levitikus 7:11-15 CAB23

En dit is die wet van die dankoffer wat hy aan die HERE moet bring. As hy dit as dankoffer bring, moet hy saam met die lofoffer ongesuurde koeke gemeng met olie en ongesuurde platkoeke wat met olie gesalf is, en koeke gemeng met olie, fyn meel, gebraai. Behalwe die koeke moet hy as sy offer gesuurde brood saam met die dankoffer van sy dankoffers offer. En daarvan moet hy een uit die hele spysoffer as hefoffer aan die HERE berei, en dit moet aan die priester behoort wat die bloed van die dankoffers sprinkel. En die vleis van die dankoffer van sy dankoffer moet geëet word op dieselfde dag as wat dit gebring word; hy mag niks daarvan laat tot die môre toe nie.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid