Josua 1:1-5

Josua 1:1-5 CAB23

En ná die dood van Moses, die kneg van die HERE, het die HERE met Josua, die seun van Nun, die dienaar van Moses, gespreek en gesê: My dienaar Moses is dood; Staan dan nou op, trek deur hierdie Jordaan, jy en hierdie hele volk, na die land wat Ek aan hulle, aan die kinders van Israel, sal gee. Elke plek waarop jou voetsool sal trap, het Ek aan jou gegee, soos Ek vir Moses gesê het. Van die woestyn en hierdie Líbanon af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier, die hele land van die Hetiete, en tot by die Groot See teen sononder, sal julle kusgebied wees. Niemand sal voor jou standhou al die dae van jou lewe nie; soos Ek met Moses was, so sal Ek met jou wees; Ek sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie.