Johannes 20:1-11

Johannes 20:1-11 CAB23

Die eerste dag van die week kom Maria Magdalena vroeg, toe dit nog donker was, by die graf en sien hoe die steen van die graf weggeneem is. Daarna hardloop sy en kom by Simon Petrus en die ander dissipel vir wie Jesus liefgehad het, en sê vir hulle: Hulle het die Here uit die graf weggeneem, en ons weet nie waar hulle Hom neergelê het nie. Petrus het toe uitgegaan en daardie ander dissipel en by die graf gekom. Hulle het toe altwee saam gehardloop, en die ander dissipel het voor Petrus gehardloop en eerste by die graf gekom. Toe hy vooroor gebuk en inkyk, sien hy die linneklere lê; tog het hy nie ingegaan nie. Toe kom Simon Petrus agter hom aan en gaan in die graf en sien die linneklere lê, En die doek wat om sy hoof was, het nie by die linneklere gelê nie, maar saamgedraai op 'n plek alleen. Toe het die ander dissipel, wat eerste by die graf gekom het, ook ingegaan, en hy het gesien en geglo. Want hulle het nog nie die Skrif geken nie, dat Hy uit die dode moet opstaan. Toe het die dissipels weer na hulle eie huis gegaan. Maar Maria het buite by die graf gestaan en ween; en terwyl sy ween, buk sy neer en kyk na die graf.