Toe Pilatus dan hierdie woord hoor, het hy Jesus na vore gebring en op die regterstoel gaan sit op 'n plek wat die plaveisel genoem word, maar in die Hebreeus Gabbata. En dit was die voorbereiding van die pasga en omtrent die sesde uur, en hy sê vir die Jode: Hier is julle Koning! Maar hulle het uitgeroep: Weg met Hom, weg met Hom, kruisig Hom. Pilatus sê vir hulle: Moet ek julle Koning kruisig? Die owerpriesters antwoord: Ons het geen koning behalwe die keiser nie. Toe het Hy Hom dan aan hulle oorgegee om gekruisig te word. En hulle het Jesus geneem en Hom weggelei.
Lees Johannes 19
Deel
Vergelyk alle weergawes: Johannes 19:13-16
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's