Johannes 18:1-2
Johannes 18:1-2 CAB23
Toe Jesus hierdie woorde gespreek het, het Hy saam met sy dissipels uitgegaan oor die spruit Kedron, waar 'n tuin was, waarin Hy ingegaan het, en sy dissipels. En Judas, wat Hom verraai het, het ook die plek geken, want Jesus het dikwels saam met sy dissipels daarheen gekom.



