Johannes 15:9-15

Johannes 15:9-15 CAB23

Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad: bly in my liefde. As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly; net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar het en in sy liefde bly. Hierdie dinge het Ek vir julle gesê, sodat my blydskap in julle kan bly en julle blydskap volkome kan wees. Dit is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê soos Ek julle liefgehad het. Niemand het groter liefde as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende aflê. Julle is my vriende, as julle alles doen wat Ek julle beveel. Van nou af noem ek julle nie diensknegte nie; want die dienskneg weet nie wat sy heer doen nie; maar ek het julle vriende genoem; want alles wat Ek van my Vader gehoor het, het Ek aan julle bekend gemaak.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid