Johannes 12:24-26

Johannes 12:24-26 CAB23

Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as 'n koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit baie vrugte. Hy wat sy lewe liefhet, sal dit verloor; en hy wat sy lewe in hierdie wêreld haat, sal dit bewaar tot die ewige lewe. As iemand My dien, laat hy My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees; as iemand My dien, hom sal my Vader eer.