Johannes 10:1-5

Johannes 10:1-5 CAB23

Voorwaar, voorwaar sê Ek vir julle, wie nie deur die deur in die skaapkraal ingaan nie, maar van 'n ander kant af inklim, hy is 'n dief en 'n rower. Maar hy wat deur die deur gaan, is die herder van die skape. Vir hom maak die poortwagter oop; en die skape hoor sy stem, en hy roep sy eie skape by die naam en lei hulle uit. En as hy sy eie skape uitbring, gaan hy voor hulle uit, en die skape volg hom, want hulle ken sy stem. En 'n vreemdeling sal hulle nie volg nie, maar van hom wegvlug, want hulle ken die stem van vreemdes nie.