Jeremia 40:3-4

Jeremia 40:3-4 CAB23

Nou het die HERE dit gebring en gedoen soos Hy gespreek het: omdat julle teen die HERE gesondig het en na sy stem nie geluister het nie, daarom het hierdie saak oor julle gekom. En nou, kyk, ek maak jou vandag los van die kettings wat aan jou hand was. As dit vir jou goed is om saam met my na Babel te gaan, kom; en ek sal goed na jou kyk; maar as dit in jou oë sleg is om saam met my na Babel te gaan, laat staan dit; kyk, die hele land lê voor jou; waar dit vir jou goed en gerieflik lyk om te gaan, gaan daarheen.