Jeremia 18:1-6

Jeremia 18:1-6 CAB23

Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het en gesê het: Staan op en gaan af na die pottebakker se huis, en daar sal Ek jou my woorde laat hoor. Toe het ek afgegaan na die huis van die pottebakker, en kyk, hy het 'n werk aan die wiele gedoen. En die voorwerp wat hy van klei gemaak het, was in die hand van die pottebakker ontsier; daarom het hy dit weer 'n ander voorwerp gemaak soos dit goed was in die oë van die pottebakker om dit te maak. Toe het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: O huis van Israel, kan Ek nie met julle doen soos hierdie pottebakker nie? spreek die HERE. Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker is, so is julle in my hand, o huis van Israel!

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid