Dit is die geslagte van Noag: Noag was 'n regverdige man en volmaak in sy geslagte, en Noag het met God gewandel. Noag het drie seuns verwek: Sem, Gam en Jafet. Die aarde was ook verdorwe voor God, en die aarde was vol geweld. God het na die aarde gekyk, en kyk, dit was verdorwe; want alle vlees het sy weg op die aarde verderf. God het vir Noag gesê: Die einde van alle vlees het voor my aangesig gekom; want die aarde is deur hulle vol geweld; en kyk, Ek sal hulle saam met die aarde vernietig. Maak vir jou 'n ark van goferhout; kamers moet jy in die ark maak en dit van binne en van buite met pik smeer. Dit is die manier waarop jy dit moet maak: Die lengte van die ark moet driehonderd el wees, sy breedte vyftig el en die hoogte daarvan dertig el. 'n Venster moet jy vir die ark maak, en op 'n el moet jy dit bo voltooi; en die ingang van die ark moet jy aan die sykant sit; met 'n onderste, tweede en derde verdiepings moet jy dit maak. En kyk, Ek bring ook 'n watervloed oor die aarde om alle vlees waarin die asem van die lewe is, van onder die hemel af te vernietig; en alles wat op die aarde is, sal sterwe. Maar met jou sal Ek my verbond oprig; en jy moet in die ark gaan, jy en jou seuns en jou vrou en jou seuns se vroue saam met jou. En van al die lewende wesens van alle vlees, twee van elke soort moet jy in die ark bring om dit saam met jou in die lewe te hou; hulle sal man en vrou wees. Van voëls volgens hulle soorte en van vee volgens hulle soorte, van al die kruipende diere van die aarde volgens hulle soorte, twee van elke soort sal na jou toe kom om hulle in die lewe te hou. En neem vir jou van al die spys wat geëet word, en jy moet dit vir jou bymekaarmaak; en dit sal vir jou en vir hulle as voedsel dien. So het Noag gedoen; volgens alles wat God hom beveel het, so het hy gedoen.
Lees Genesis 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: Genesis 6:9-22
10 dae
God sal jou nie in die steek laat nie. Wees gehoorsaam aan Hom en vertrou op Hom bo enigiemand en enigiets anders in jou lewe. Dít is Angus Buchan se boodskap wanneer hy jou deur persoonlike ervarings en Bybelse waarhede aanmoedig om te vertrou op die enigste Een wat altyd daar sal wees vir jou. Hierdie leesplan is saamgestel uit IN STILWEES EN VERTROUE deur Angus Buchan.
21 Days
Are you—or is someone you love—suffering from the trauma of plans that have been washed away, relationships that have been uprooted, or security that has been devastated? Rather than being destroyed by this tempest, what if you allowed the disturbance to increase your capacity for rapid growth and fulfilling your destiny in God? After digging deeply into the Word of God, there is a triumphant way to be StormProof!
28 Days
The Bible is full of examples of amazing people who demonstrated courage. But can a kid live out extraordinary courage in just their ordinary life? This plan includes some kid-friendly videos of some Bible greats and takes us through their stories of courage while also exploring other verses and passages that challenge us to live with courage in our everyday walk with Christ.
Hierdie leesplan is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort kerngedagtes en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's