Genesis 1:29-31

Genesis 1:29-31 CAB23

God het gesê: Kyk, Ek gee julle al die plante wat saad dra, wat op die hele aarde is, en al die bome wat vrugte dra en wat saad gee; vir julle moet dit voedsel wees. Maar aan al die diere van die aarde en aan al die voëls van die hemel en aan al die diere wat op die aarde kruip, waarin daar lewe is, het Ek al die groen plante as voedsel gegee. Dit het so gebeur. God het na alles gekyk wat Hy gemaak het, en gesien dit was baie goed. Dit was aand en dit was môre, die sesde dag.

Video vir Genesis 1:29-31