Deuteronomium 8:2-5

Deuteronomium 8:2-5 CAB23

En jy moet dink aan die hele pad wat die HERE jou God jou hierdie veertig jaar lank in die woestyn gelei het, om jou te verootmoedig en jou te beproef, om te weet wat in jou hart is, of jy sy gebooie wil onderhou of nie. En Hy het jou verneder en jou laat honger ly en jou gevoed met manna wat jy nie geken en jou vaders nie geken het nie; sodat Hy jou kan bekend maak dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat uit die mond van die HERE uitgaan, die mens lewe. Jou klere het nie verouder aan jou nie, en jou voet het nie geswel in hierdie veertig jaar nie. Jy moet ook in jou hart ag gee dat soos 'n man sy seun tugtig, so tugtig die HERE jou God jou.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Deuteronomium 8:2-5