Handelinge 8:38-40

Handelinge 8:38-40 CAB23

En hy het die wa bevel gegee om stil te staan, en hulle het altwee in die water afgeklim, Filippus sowel as die hofdienaar; en hy het hom gedoop. En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus weggevoer, sodat die eunug hom nie meer gesien het nie; Maar Filippus is in Asotus gevind, en hy het deurgegaan en in al die stede gepreek totdat hy in Cesaréa gekom het.