2 Korintiërs 12:7-9

2 Korintiërs 12:7-9 CAB23

En dat ek nie deur die oorvloed van die openbaringe bo die maat verhef sou word nie, is aan my 'n doring in die vlees gegee, die boodskapper van Satan om my met die vuis te slaan, sodat ek nie bo die maat verhef sou word nie. Om hierdie saak het ek die Here drie maal gesmeek, dat dit van my mag wyk. En hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Daarom sal ek liewer in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan rus.

Video for 2 Korintiërs 12:7-9