Maar julle, broeders, is nie in die duisternis, dat daardie dag julle soos 'n dief sou oorval nie. Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of van die duisternis nie. Laat ons daarom nie slaap soos ander nie; maar laat ons waak en nugter wees. Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk is, is in die nag dronk. Maar laat ons, wat van die dag is, nugter wees deur die borswapen van geloof en liefde aan te trek; en vir 'n helm, die hoop op verlossing.
Lees 1 Tessalonisense 5
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: 1 Tessalonisense 5:4-8
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's