1 Samuel 24:4-8

1 Samuel 24:4-8 CAB23

Toe sê die manne van Dawid vir hom: Kyk, die dag waarvan die HERE vir jou gesê het: Kyk, Ek gee jou vyand in jou hand, dat jy aan hom kan doen soos dit in jou goeddunke is. Toe het Dawid opgestaan en die slip van Saul se mantel in die geheim afgesny. En daarna het Dawid se hart hom getref, omdat hy Saul se mantel afgesny het. En hy het aan sy manne gesê: Mag die HERE my verhoed dat ek hierdie ding aan my heer, die gesalfde van die HERE, sou doen om my hand teen hom uit te steek, aangesien hy die gesalfde van die HERE is. Dawid het toe sy dienaars met hierdie woorde teruggehou en hulle nie toegelaat om teen Saul op te staan nie. Maar Saul het uit die spelonk opgestaan en verder gegaan. Dawid het ook daarna opgestaan en uit die spelonk gegaan en Saul agterna geroep en gesê: My heer die koning! En toe Saul agter hom omkyk, het Dawid met sy aangesig na die aarde gebuk en gebuig.