1 Konings 19:11-13

1 Konings 19:11-13 CAB23

En hy sê: Gaan uit en staan op die berg voor die aangesig van die HERE. En kyk, die HERE het verbygegaan, en 'n groot en sterk wind het die berge verskeur en die rotse voor die aangesig van die HERE verpletter; maar die HERE was nie in die wind nie, en ná die wind 'n aardbewing; maar die HERE was nie in die aardbewing nie. En ná die aardbewing 'n vuur; maar die HERE was nie in die vuur nie, en ná die vuur 'n sagte stemmetjie. En toe Elia dit hoor, het hy sy gesig in sy mantel toegedraai en uitgegaan en by die ingang van die spelonk gaan staan. En kyk, daar het 'n stem na hom gekom en gesê: Wat maak jy hier, Elia?