Want julle sien julle roeping, broeders, dat daar nie baie wyse manne na die vlees geroep word nie, nie baie magtiges nie, nie baie edeles nie. Maar God het die dwase dinge van die wêreld uitverkies om die wyse te beskaam; en God het die swakhede van die wêreld uitverkies om die dinge wat kragtig is, te beskaam; En die slegte dinge van die wêreld en die dinge wat verag word, het God uitverkies, ja, en die dinge wat nie is nie, om die dinge wat is, tot niet te maak: sodat geen vlees voor sy aangesig sou roem nie. Maar uit Hom is julle in Christus Jesus, wat uit God vir ons gemaak is wysheid en geregtigheid en heiligmaking en verlossing.
Lees 1 Korintiërs 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Korintiërs 1:26-30
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's