Titus 2:1-5

Titus 2:1-5 AFR20

Maar jy, verkondig jy wat pas by die gesonde leer. Ouer mans moet nugter wees, waardig, verstandig – gesond in geloof, liefde en standvastigheid. Net so moet ouer vroue se optrede wees soos dit •heiliges betaam. Hulle moet nie kwaadpraters wees, of verslaaf aan wyn nie, maar moet onderrig gee in wat goed is, sodat hulle die jong vroue kan leer om liefdevol teenoor hulle mans en kinders te wees, verstandig, kuis, toegewy aan hulle huishoudings, goedaardig, onderdanig aan hulle mans, sodat die woord van God nie belaster word nie.

Video vir Titus 2:1-5

Gratis leesplanne en oordenkings oor Titus 2:1-5