Titus 1:9-14

Titus 1:9-14 AFR20

Hy moet hom hou aan die betroubare woord, in ooreenstemming met die lering, sodat hy deur die gesonde leer kan bemoedig, en ook hulle wat dit teengaan, verkeerd kan bewys. Want daar is baie opstandiges, praatjiesmakers, en mense wat ander mislei, veral onder hulle wat besny is, van wie die mond gesnoer moet word, mense wat hele huishoudings omvergooi deur ontoelaatbare dinge te leer, en dit vir skandelike gewin. Een van hulle mense, hulle eie profeet, het gesê: Kretensers – altyd leuenaars, slegte ondiere, lui vrate! Hierdie getuienis is waar. Daarom, spreek hulle skerp aan, sodat hulle gesond kan word in die geloof, en hulle nie meer besig hou met Joodse mites en menslike voorskrifte wat van die waarheid afwyk nie.

Video vir Titus 1:9-14

Gratis leesplanne en oordenkings oor Titus 1:9-14