Romeine 2:17-24

Romeine 2:17-24 AFR20

Jy noem jouself tog 'n Jood, jy maak staat op die wet en jy beroem jou op God. Jy ken sy wil en onderskei die dinge wat saak maak, omdat jy uit die wet onderrig word. Jy is daarvan oortuig dat jy 'n gids vir die blindes is, 'n lig vir diegene in die duisternis, 'n leermeester vir die onkundiges, 'n onderwyser vir klein kindertjies, omdat jy in die wet die beliggaming van kennis en waarheid het. Jy dan, wat iemand anders onderrig, onderrig jy nie jouself nie? Jy wat verkondig dat 'n mens nie mag steel nie, steel jy self? Jy wat sê 'n mens mag nie egbreuk pleeg nie, pleeg jy egbreuk? Jy wat die afgode verafsku, pleeg jy tempelroof? Jy wat jou beroem op die wet, jy doen God oneer aan deur die wet te oortree. Want “die Naam van God word deur julle toedoen onder die heidene belaster”, soos daar geskryf staan.

Video vir Romeine 2:17-24

Gratis leesplanne en oordenkings oor Romeine 2:17-24