Psalms 20:1-9

Psalms 20:1-9 AFR20

Vir die •musiekleier. 'n Psalm. Van Dawid. Mag die HERE u antwoord op die dag van benoudheid; mag die Naam van die God van Jakob u beskerm. Mag Hy vir u hulp stuur uit die heiligdom, en u uit Sion ondersteun. Mag Hy al u offergawes in gedagte hou, u •brandoffers aanvaarbaar vind. •Sela Mag Hy aan u gee wat u hart verlang, en elkeen van u planne laat slaag. Ons wil juig oor u verlossing, in die Naam van ons God die vaandel hoog hou. Mag die HERE aan al u versoeke voldoen! Nou weet ek dat die HERE sy gesalfde verlos; Hy sal hom antwoord uit sy •heilige hemel met kragtige verlossingsdade van sy •regterhand. Party beroem hulle op strydwaens, ander weer op perde, maar ons, ons beroem ons op die Naam van die HERE ons God. Hulle sak inmekaar en val, maar ons, ons staan op en bly staande.