Spreuke 17:19-21

Spreuke 17:19-21 AFR20

Wie van oortreding hou, hou van rusie; wie sy ingang hoog bou, vra vir ineenstorting. Wie 'n valse hart het, vind nie die goeie nie, en wie bedrieglik met sy tong is, beland in die moeilikheid. Wie 'n dwaas verwek – tot verdriet is dit vir hom; en die vader van 'n nikswerd sal geen blydskap ervaar nie.