Numeri 6:22-26

Numeri 6:22-26 AFR20

Die HERE het met Moses gepraat en gesê: “ Praat met Aäron en sy seuns en sê, ‘So moet julle die Israeliete seën; sê vir hulle: “ ‘ Mag die HERE jou seën en jou beskerm. Mag die HERE sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees. Mag die HERE sy aangesig na jou toe oplig en aan jou vrede gee.’ ”

Video for Numeri 6:22-26