Numeri 5:23-28

Numeri 5:23-28 AFR20

“ ‘Daarna moet die priester hierdie vervloekings in 'n •boekrol skryf en dit in die water van bitterheid uitwis. Hy moet die vrou die water van bitterheid wat die vloek bring, laat drink; dit sal in haar ingaan tot bitterheid. Die priester moet dan die graanoffer vir agterdog uit die vrou se hand neem, dit voor die HERE aanbied en dit na die altaar bring. Dan moet die priester 'n handvol van die graanoffer, die simboliese offer, neem, en dit op die altaar verbrand. Daarna moet hy die vrou die water laat drink. Nadat hy haar die water laat drink het, sal dit soos volg verloop: As sy haarself verontreinig het en 'n daad van ontrou teenoor haar man gepleeg het, sal die water van bitterheid wat die vloek bring, in haar ingaan; haar maag sal opswel en haar heup sal krimp. Die vrou sal dan dien as voorbeeld van vervloeking onder haar volk. Maar as die vrou haarself nie verontreinig het nie en sy rein is, sal sy vry wees van skuld en bevrug kan raak.

Video for Numeri 5:23-28