Matteus 9:1-8

Matteus 9:1-8 AFR20

Jesus het in die boot geklim, na die oorkant gevaar en in sy tuisdorp aangekom. En kyk, hulle het 'n verlamde man wat op 'n slaapmat lê, na Hom gebring. En toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde: “Hou moed, kind, jou sondes word vergewe. ” Hierop het sommige van die skrifkenners onder mekaar gesê: “Hierdie man laster.” En omdat Jesus geweet het wat hulle dink, het Hy gesê: “Hoekom bedink julle bose dinge in julle harte? Wat is makliker, om te sê, ‘Jou sondes word vergewe,’ of om te sê, ‘Staan op en loop’? Maar sodat julle kan weet dat die •Seun van die Mens volmag het om op aarde sondes te vergewe ...” – sê Hy toe vir die verlamde: “Staan op, tel jou slaapmat op en gaan na jou huis.” En hy het opgestaan en na sy huis gegaan. Toe die skare dit sien, is hulle met diep ontsag vervul, en hulle het God, wat sulke gesag aan mense gee, geprys.

Video vir Matteus 9:1-8