Matteus 11:1-6

Matteus 11:1-6 AFR20

Toe Jesus sy opdragte aan sy twaalf dissipels voltooi het, het Hy daarvandaan vertrek om in hulle dorpe te leer en te preek. Toe Johannes in die tronk verneem wat Christus alles doen, het hy sy dissipels gestuur om Hom te vra: “Is U die Een wat sou kom, of moet ons iemand anders verwag?” Jesus het hulle geantwoord: “Gaan vertel vir Johannes wat julle hoor en sien: “Blindes sien weer en verlamdes loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek en aan armes word die goeie boodskap verkondig. “En gelukkig is die mens wat nie aan My aanstoot neem nie. ”

Video vir Matteus 11:1-6

Gratis leesplanne en oordenkings oor Matteus 11:1-6