Jesus het Jerigo binnegegaan en deur die stad gestap. En kyk, daar was 'n man met die naam Saggeus. Hy was 'n hooftollenaar en 'n ryk man. Hy het probeer om te sien wie Jesus is, maar weens die skare kon hy nie, omdat hy kort was. Hy hardloop toe vooruit en klim in 'n wildevyeboom om Jesus te sien, want Hy sou daar verbygaan. Toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op en sê vir hom: “Saggeus, maak gou en klim af, want Ek moet vandag in jou huis oorbly.” Saggeus het toe haastig afgeklim en Jesus met blydskap in sy huis ontvang. Almal wat dit gesien het, het gemor en gesê: “Hy gaan by 'n sondige man tuis.” Maar Saggeus het gaan staan en vir die Here gesê: “Kyk, Here, ek gee die helfte van my besittings aan die armes, en as ek van iemand iets afgepers het, gee ek dit viervoudig terug. ” Jesus het vir hom gesê: “Vandag het daar verlossing vir hierdie huis gekom, want ook hy is 'n seun van Abraham.
Lees Lukas 19
Deel
Vergelyk alle weergawes: Lukas 19:1-9
7 Days
Ready to grow as a leader? Craig Groeschel unpacks six biblical steps anyone can take to become a better leader. Discover a discipline to start, courage to stop, a person to empower, a system to create, a relationship to initiate, and the risk you need to take.
A blind beggar crying out desperately by the side of the road, an immoral woman despised as dirty by polite society, a corrupt government employee hated by all – how could any of these people from society’s fringes hope to connect with a holy God? Based on insights from the book of Luke in the Africa Study Bible, follow Jesus as he bridges the gap between God and the marginalized.
7 Dae
Stephan Joubert kom herinner jou vandag dat ons nie net vir onsself moet leef nie. Ons moet ’n hart soos Jesus s’n hê! Plaas jou hart vandag in die Heer se hand. Vra Hom om sy hart altyd in jou binneste te laat klop. Vra Hom om sy eie hart van geregtigheid en integriteit voortdurend in jou lewe sigbaar te maak vir dié om jou.
10 dae
Die Vrug van die Gees is ‘n studie wat ons begelei na ‘n ontdekking van God se karakter en hoe dit in ons lewens realiseer. Dit is eerstens die studie van Jesus se karakter. Dit is deur die Heilige Gees wat hierdie vrugte in ons wil groei tot dit ons mees natuurlike manier van lewe word. Hierdie ontdekkingsreis gaan jou begelei om ten volle in jou ware identiteit te leef.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's