Lukas 18:35-42

Lukas 18:35-42 AFR20

Toe Jesus in die omgewing van Jerigo kom, sit daar langs die pad 'n blinde man en bedel. Toe hy die skare hoor verbyloop, vra hy wat aan die gang is. Hulle het vir hom gesê dat Jesus, die Nasarener, daar verbyloop. Toe roep hy hardop uit: “Jesus, •Seun van Dawid, ontferm U oor my!” Die mense wat voor geloop het, het hom berispe dat hy moet stilbly, maar hy het net al hoe harder uitgeroep: “Seun van Dawid, ontferm U oor my!” Jesus het gaan staan en beveel dat hy na Hom gebring word. Toe hy nader kom, vra Jesus hom: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” En hy het geantwoord: “Here, dat ek kan sien.” Jesus het vir hom gesê: “Sien weer! Jou geloof het jou gered. ”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Lukas 18:35-42