Lukas 1:46-56

Lukas 1:46-56 AFR20

Maria het toe gesê: “My siel loof die Here, my gees jubel oor God my Verlosser, want Hy het die nederigheid van sy diensmeisie raakgesien. Kyk, van nou af sal alle geslagte my gelukkig noem, want die Magtige het groot dinge vir my gedoen – ja, heilig is sy Naam. Hy bewys ontferming van geslag tot geslag aan hulle wat vir Hom ontsag het. Kragtige dade verrig Hy met sy arm. Die denke van hoogmoediges verwar Hy, heersers ruk Hy van hulle trone af, en geringes verhoog Hy. Hongeriges versadig Hy met goeie gawes, en rykes stuur Hy met leë hande weg. Sy dienskneg Israel het Hy bygestaan, deur sy ontferming in gedagte te hou, soos Hy dit aan ons voorvaders beloof het, aan Abraham en sy nageslag, vir ewig.” Maria het ongeveer drie maande by Elisabet gebly en daarna teruggegaan huis toe.

Video vir Lukas 1:46-56

Gratis leesplanne en oordenkings oor Lukas 1:46-56