Levitikus 4:27-31

Levitikus 4:27-31 AFR20

“ ‘ As iemand uit die volk van die land onopsetlik sondig deur te doen wat een van die gebooie van die HERE sê nié gedoen mag word nie, is hy skuldig. As die sonde wat hy gedoen het aan hom bekend gemaak word, moet hy 'n bokooi sonder gebrek bring as offer vir die sonde wat hy gedoen het. Hy moet sy hand op die kop van die reinigingsoffer lê en dit op dieselfde plek as die brandoffer keelaf sny. Die priester moet van die bloed neem en dit met sy vinger aan die horings van die brandofferaltaar smeer en die res van die bloed teen die basis van die altaar uitgooi. Al die vet moet hy verwyder, soos hy die vet van die maaltydoffer verwyder. Die priester moet dit op die altaar verbrand as 'n geurige offer vir die HERE. So sal die priester vir die persoon versoening doen en sal hy vergewe word.