Daarna het Josua die stamme van Ruben en Gad en die halwe stam van Manasse geroep. Hy het vir hulle gesê: “Julle het alles wat Moses, die dienskneg van die HERE, julle beveel het, nagekom, en julle het my ook gehoorsaam in alles wat ek julle beveel het. Alreeds vir 'n baie lang tyd, tot vandag toe, het julle nie julle broers in die steek gelaat nie. Julle het die verpligtinge van die HERE julle God se opdrag nagekom. En nou het die HERE julle God vir julle broers rus gegee, soos Hy hulle beloof het. Julle moet dan nou omdraai en na julle woonplekke gaan, na die land van julle erfgrond, wat Moses, die dienskneg van die HERE, vir julle gegee het oorkant die Jordaan. Kom net die opdragte en die wet nougeset na wat Moses, die dienskneg van die HERE, julle beveel het, naamlik om die HERE julle God lief te hê, al sy paaie te volg, sy gebooie na te kom, aan Hom vas te hou, en Hom te dien met julle hele hart en julle hele wese. ” Josua het hulle geseën en weggestuur, en hulle het na hulle woonplekke gegaan.
Lees Josua 22
Deel
Vergelyk alle weergawes: Josua 22:1-6
2 Weeks
Jesus Himself said anyone who loves Him will obey His teaching. No matter what it costs us personally, our obedience matters to God. The "Obedience" reading plan walks through what the Scriptures say about obedience: How to maintain a mindset of integrity, the role of mercy, how obeying frees us and blesses our lives, and more.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's