Toe Josua oud en gevorderd in jare was, het die HERE vir hom gesê: “Jy is oud en gevorderd in jare en 'n baie groot deel van die land wat in besit geneem moet word, is nog oor. Die volgende is die gebied wat nog oorbly: al die distrikte van die Filistyne en die hele gebied van die mense van Gesur; van die Sigor af wat langs Egipte lê, noordwaarts tot by die gebied van Ekron. Dit word as Kanaänitiese gebied gereken, naamlik die gebied van die vyf Filistynse regeerders van Gasa, Asdod, Askelon, Gat, en Ekron, en van die Awwiete. Vanaf die suide is dit die hele land van die Kanaäniete, en vanaf Ara, wat aan die Sidoniërs behoort, strek dit tot by Afek, by die grens van die Amoriete. Verder is daar die gebied van die mense van Gebal, en die hele Libanon aan die oostekant, van Baäl-Gad af onder aan die voet van die berg Hermon tot by Lebo-Hamat. Al die inwoners van die bergland, van die Libanon af tot by Misrefot-Majim, al die Sidoniërs – Ek self sal hulle voor die Israeliete verdryf. Laat dit in elk geval as erfdeel aan Israel toeval, soos Ek jou beveel het. Verdeel dan nou hierdie land as erfdeel vir die nege stamme en die halwe stam van Manasse.” Saam met die ander halwe stam van Manasse het die stamme van Ruben en Gad hulle erfdeel wat Moses aan hulle gegee het oorkant die Jordaan, aan die oostekant, ontvang, net soos Moses, die dienskneg van die HERE, dit aan hulle gegee het
Lees Josua 13
Deel
Vergelyk alle weergawes: Josua 13:1-8
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's