Hierna het Jesus na die oorkant van die See van Galilea, oftewel Tiberias, vertrek. 'n Groot skare het agter Hom aangekom, omdat hulle die tekens gesien het wat Hy vir die siekes verrig het. Jesus het toe teen die berg opgegaan en daar met sy dissipels gaan sit. Dit was kort voor die Joodse fees van die Pasga. Toe Jesus opkyk en sien dat daar 'n groot skare na Hom op pad is, sê Hy vir Filippus: “Waar sal ons brood te koop kry om hierdie mense te laat eet?” Hy het dit egter net gesê om hom te toets – self het Hy immers reeds geweet wat Hy wou doen. Filippus het Hom geantwoord: “Tweehonderd denarius se brood is nie genoeg om vir elkeen 'n stukkie te laat kry nie.” Een van sy dissipels, Andreas, die broer van Simon •Petrus, sê vir Hom: “Hier is 'n seun wat vyf garsbrode en twee visse het, maar wat is dit vir so baie mense?” Jesus het gesê: “Laat die mense sit.” Daar was baie gras op die plek. Toe het die mans gaan sit – hulle was ongeveer vyfduisend in getal. Toe het Jesus die brode geneem, en nadat Hy die seëngebed uitgespreek het, het Hy dit laat uitdeel aan dié wat daar gesit het, en ook van die visse laat uitdeel, soveel as hulle wou hê. En toe almal versadig was, sê Hy vir sy dissipels: “Maak die brokstukke bymekaar wat oorgebly het, sodat niks vermors word nie.” Hulle het dit toe bymekaargemaak, en twaalf mandjies volgemaak met die brokstukke wat van die vyf garsbrode oorgebly het nadat hulle klaar geëet het. Toe die mense die teken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hy is waarlik die Profeet wat na die wêreld sou kom. ” Toe Jesus besef dat hulle op die punt staan om Hom met geweld te kom gryp met die doel om Hom koning te maak, het Hy weer teen die berg opgegaan, net Hy alleen.
Lees Johannes 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: Johannes 6:1-15
7 Days
Too many of us walk through life feeling as if we don't measure up. We always seem to thirst for more. We think if we could only work harder or be better, we could be enough. But the truth is, we will never be enough. And thankfully, we don't have to be. In Proven, Jennie Allen walks through the Book of John to demonstrate how only Jesus is enough.
9 dae
Afwagtend - 'n Lewe Gevul Met Wonderwerke. In ons lewens is daar volop geleenthede vir wonderwerke om te gebeur. Die uitdaging is gewoonlik om onsself in pas te kry met God se plan vir ons lewens sodat ons hierdie wonderwerke kan beleef.
14 Days
Often, we are tempted to only take prayer requests to God that have a precedence in history of being answered. But God waits to propel our situations into ground-breaking, history-making miracles, if only we have the faith to ask for that which is infinitely above and beyond human reach. Struggling to make some wild prayers? If that’s the case, this 14-day journey is for you.
28 Days
This reading guide was created by NewSpring staff and volunteers to help you on your financial journey. Read one devotional each day and spend time with God using the Scripture, questions and prayers provided. Need help putting God first in your finances? Download free monthly and/or weekly budget forms, watch sermons, and be encouraged by success stories at www.newspring.cc/financialplanning
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's