Toe Martha hoor dat Jesus op pad is, het sy Hom tegemoetgegaan, maar Maria het in die huis bly sit. Martha sê toe vir Jesus: “Here, as U hier was, sou my broer nie gesterf het nie. Maar selfs nou weet ek dat wat U ook al van God vra, God vir U sal gee.” Jesus sê vir haar: “Jou broer sal opstaan.” Martha sê toe vir Hom: “Ek weet dat hy sal opstaan met die opstanding op die laaste dag.” Jesus het vir haar gesê: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal leef, al het hy ook gesterf; en elkeen wat leef en in My glo, sal tot in ewigheid nooit sterf nie. Glo jy dit?” Sy sê vir Hom: “Ja, Here, ek glo dat U die Christus is, die •Seun van God, Hy wat na die wêreld kom. ”
Lees Johannes 11
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Johannes 11:20-27
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's