Jeremia 12:1-4

Jeremia 12:1-4 AFR20

U het die reg aan u kant, HERE, as ek met U 'n regstryd sou voer; tog wil ek oor regsake met U praat: Waarom is die pad van goddeloses voorspoedig, waarom leef almal wat verraderlik optree, rustig? U het hulle geplant; ook het hulle wortel geskiet, hulle het uitgespruit, selfs vrugte gedra. U is naby hulle monde, maar ver van hulle binneste af. Maar U, HERE, U ken my; U sien my en U toets of my hart by U is. Vat hulle weg soos kleinvee wat vir slag bestem is; sonder hulle af vir die dag van slagting. Hoe lank sal die land bly verdor, die plante van die hele veld verdroog? Vanweë die boosheid van hulle wat daarin woon, kwyn die diere en voëls weg. Hulle sê immers: “Hy sal ons einde nie sien nie.”