Daarna het die •Engel van die HERE gekom en gaan sit onder die terebintboom by Ofra, wat aan Joas van die familie van Abiëser behoort. Sy seun Gideon was juis besig om koring uit te slaan in die parskuip, om dit vinnig teen die Midianiete te beveilig. Die Engel van die HERE het aan hom verskyn en vir hom gesê: “Die HERE is met jou, dapper kryger!” Maar Gideon sê vir hom: “Asseblief, my Heer, as die HERE dan werklik met ons is, waarom tref al hierdie dinge ons? En waar is al sy wonderwerke waarvan ons voorouers ons vertel het toe hulle gesê het, ‘Het die HERE ons nie uit Egipte laat optrek nie?’ Maar nou het die HERE ons verstoot en ons oorgegee in die hand van die Midianiete.” Toe draai die HERE na hom en sê: “Gaan met die krag wat jy het, en verlos Israel uit die hand van die Midianiete. Het Ek jou nie gestuur nie?” Maar hy het Hom geantwoord: “Asseblief, my Heer! Hoe kan ek Israel verlos? Kyk, my familiegroep is die onbenulligste in Manasse, en ek is die jongste in my familie.” Die HERE sê toe vir hom: “Omdat Ek met jou sal wees, sal jy die Midianiete verslaan asof hulle net een man is.” Maar hy het vir die HERE gesê: “As ek dan guns gevind het in u oë, gee vir my 'n teken dat dit U is wat met my praat. Moet asseblief nie hiervandaan weggaan totdat ek by U terug is, my offer saamgebring en dit voor U neergesit het nie. ” Hy het geantwoord: “Goed, Ek sal bly totdat jy terugkom.” Gideon gaan toe en berei 'n boklam voor en ongesuurde brood van 'n efa meel. Die vleis het hy in 'n mandjie gesit en die sous het hy in 'n pot gegooi. Hy het dit na Hom uitgebring onder die terebintboom en dit aangebied. Daarop sê die Engel van God vir hom: “Neem die vleis en die ongesuurde brood, sit dit hier op die rots neer en gooi die sous daaroor.” Hy het toe so gemaak. Toe steek die Engel van die HERE die wandelstok in sy hand uit en raak met die punt aan die vleis en die ongesuurde brood. Vuur het uit die rots opgeslaan en die vleis en ongesuurde brood verteer. Die Engel van die HERE het voor sy oë verdwyn, en Gideon het besef dat dit die Engel van die HERE was. Toe sê Gideon: “Ag, HERE, my Heer! Want nou het ek die Engel van die HERE van aangesig tot aangesig gesien! ” Maar die HERE sê vir hom: “Vrede vir jou! Moenie bang wees nie; jy sal nie sterf nie! ” Gideon het toe daar 'n altaar vir die HERE gebou en dit genoem “Die HERE is vrede”. Tot vandag toe is dit nog daar in Ofra, wat aan die familie van Abiëser behoort. Nog in daardie selfde nag het die HERE vir hom gesê: “Neem die bul wat aan jou vader behoort, die tweede bul, wat sewe jaar oud is. Sloop die altaar van Baäl wat aan jou vader behoort. Die asjera wat langsaan is, moet jy afkap. Bou dan vir die HERE jou God 'n altaar op die hoogste punt van hierdie vesting – netjies gestapel. Neem daarna die tweede bul en offer hom as •brandoffer met die hout van die asjera wat jy gaan afkap.” Gideon het tien manne van sy dienaars geneem en gedoen wat die HERE vir hom gesê het. Maar aangesien hy te bang was vir sy familie en die manne van die dorp om dit oordag te doen, het hy dit in die nag gedoen.
Lees Rigters 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: Rigters 6:11-27
5 Days
Win the battle with yourself by declaring war on the version of yourself that you don't want to be. Discover the thoughts, words, behaviors, and power you need to achieve ongoing victory. It’s likely you are your own worst enemy. Learn to get out of your own way and discover the secret weapon to winning the war within.
8 Days
Our culture is confused about what it means to be a man. Notions of masculinity have become misunderstood and maligned. This plan speaks truth about the purpose and future of biblical masculinity. In this plan, men will wrestle honestly with the unique questions and circumstances they face today as they are invited to discover God’s intent for masculinity.
21 dae
Daar word baie keer verkeerdelik geglo of oorgedra wat hulle dink Jesus gesê het. Mense glo dan iets wat nie altyd waar is nie. In hierdie leesplan deur skrywer Andries Enslin: “Dít het Jesus nooit gesê nie” word feit en fiksie geskei. Daar word duidelik gesê wat die wêreld glo Jesus sê en wat Hy werklik gesê het.
29 dae
Worstel jy met skande in jou lewe? Dit val elkeen van ons aan. Skande wil ons weerhou van die geloofsgevulde lewe wat God vir elkeen van ons beplan het. In hierdie studie bestudeer ons elf verhale uit die Bybel en sien hoe God skande in hierdie persone se lewens bestry. God kan die krag van skande in jou lewe verbreek. In hierdie studie sal ons jou wys hoe.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's