Hebreërs 5:4-6

Hebreërs 5:4-6 AFR20

Niemand eien die eer vir homself toe nie, maar hy word, net soos Aäron, deur God geroep. So ook het •Christus nie Homself vereer om Hoëpriester te word nie; die Een wat Hom vereer het, was God, wat vir Hom gesê het: “Jy is my Seun; vandag het Ek jou verwek.” So sê Hy ook op 'n ander plek: “Jy is priester vir ewig, volgens die orde van Melgisedek.”