Daarom, heilige broers, deelgenote van 'n hemelse roeping, let noukeurig op Jesus, die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis – Hy wat getrou is aan die Een wat Hom aangestel het, soos wat ook Moses getrou was in die hele huis van God. Hy is inderdaad groter heerlikheid waardig geag as Moses – soos wat die bouer van die huis meer aansien het as die huis self. Elke huis word immers deur iemand gebou, maar God is die Een wat alles gebou het. Moses was wel as tempeldienaar getrou in God se hele huis, tot 'n getuienis van wat verkondig sou word, maar •Christus was as Seun getrou oor sy huis; en ons is sy huis as ons bly vashou aan die vrymoedigheid en hoop waarop ons ons beroem.
Lees Hebreërs 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: Hebreërs 3:1-6
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's