En mag die God van vrede, wat die groot Herder van die skape, ons Here Jesus, uit die dood uitgelei het deur die bloed van die ewige verbond, julle toerus met alles wat goed is, sodat julle sy wil kan doen, terwyl Hy in ons dit doen wat voor Hom welbehaaglik is, deur Jesus •Christus, aan wie die heerlikheid behoort, vir ewig en ewig! •Amen! Ek pleit by julle, broers, aanvaar hierdie boodskap van aansporing, want ek het maar kortliks vir julle geskryf. Julle moet weet dat ons broer Timoteus reeds vertrek het. As hy binnekort kom, sal ek julle saam met hom sien. Groet al julle leiers en al die •heiliges. Dié wat van Italië is, groet julle. Die genade bly met julle almal!
Lees Hebreërs 13
Deel
Vergelyk alle weergawes: Hebreërs 13:20-25
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's