Genesis 49:8-10

Genesis 49:8-10 AFR20

“ Juda, jy, jou broers sal jou prys! Jou hand sal op die nek van jou vyande wees; die seuns van jou vader sal diep voor jou buig. 'n Leeuwelpie is Juda; van die prooi, my seun, het jy opgestaan. Hy sak af, gaan lê soos 'n leeu, soos 'n leeuwyfie. Wie sal hom opjaag? Die septer sal nie van Juda wyk nie, ook nie die heerserstaf tussen sy voete nie, totdat hy aan wie dit behoort, kom, en volke aan hom gehoorsaam is.