Eksodus 36:1-3

Eksodus 36:1-3 AFR20

“Besaleël, Oholiab en elke vaardige persoon vir wie die HERE wysheid gegee het, en ook die insig om te verstaan hoe om al die werk aan die oprigting van die heiligdom te verrig, moet dit doen in ooreenstemming met alles wat die HERE beveel het.” Moses het Besaleël en Oholiab toe ontbied, en ook elke vaardige persoon in wie se hart die HERE wysheid gegee het, elkeen wie se hart hom daartoe gebring het om aan te meld vir die uitvoering van die taak. Om dit te kon doen, het hulle elke •wydingsgeskenk wat die Israeliete gebring het vir die werk aan die oprigting van die heiligdom, van Moses ontvang. Die Israeliete het steeds elke oggend vrywillige offers vir hom gebring.

Video for Eksodus 36:1-3