Eksodus 33:12-16

Eksodus 33:12-16 AFR20

Moses het vir die HERE gesê: “Kyk, U sê vir my, ‘Laat hierdie volk optrek,’ maar self maak U nie aan my bekend wie U saam met my sal stuur nie. U is die Een wat gesê het, ‘Ek ken jou by die naam, en jy het ook guns gevind in my oë.’ Daarom, as ek wel guns gevind het in u oë, maak tog aan my u paaie bekend, dat ek U kan ken, sodat ek guns bly vind in u oë; besef tog dat hierdie nasie u volk is. ” Die HERE het gesê: “Moet my teenwoordigheid saamgaan, en moet Ek vir jou rus gee? ” Hy het vir die HERE gesê: “As u teenwoordigheid nie saamgaan nie, moet U ons nie van hier af laat optrek nie. Waaraan sou mense dan weet dat ek guns gevind het in u oë, ek en u volk? Is dit nie wanneer U met ons saamgaan, dat ons onderskei sal word, ek en u volk, van elke ander volk op die aardbodem nie? ”

Video vir Eksodus 33:12-16