Eksodus 32:1-4

Eksodus 32:1-4 AFR20

Toe die volk merk dat Moses lank neem om van die berg af te kom, het die volk by Aäron byeengekom en vir hom gesê: “Komaan, maak vir ons gode wat voor ons uit kan gaan; want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat met hom gebeur het nie.” Aäron sê toe vir hulle: “Ruk die goue ringe af wat aan die ore van julle vroue, seuns en dogters is, en bring dit vir my.” Die hele volk het toe die goue ringe wat aan hulle ore was, afgeruk, en dit vir Aäron gebring. Hy het dit uit hulle hand aanvaar. Toe het hy dit met 'n stilus vorm gegee en 'n gegote kalf daarvan gemaak. Hulle sê toe: “Dit is jou gode, Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het.”

Video vir Eksodus 32:1-4

Gratis leesplanne en oordenkings oor Eksodus 32:1-4