Efesiërs 5:7-11

Efesiërs 5:7-11 AFR20

Moet dus nie deel van hulle wees nie. Want vroeër was julle wel duisternis, maar nou, in die Here, is julle lig. Leef as kinders van die lig! Die vrug van die lig bestaan immers uit alle goedheid en •geregtigheid en waarheid. Beproef wat vir die Here aanneemlik is. Ja, moenie deel hê aan die onvrugbare werke van die duisternis nie; stel dit eerder aan die kaak.