“ Wees versigtig dat julle harte nie verlei word en julle wegdraai en ander gode dien en in aanbidding voor hulle buig nie. Die toorn van die HERE sal teen julle ontbrand en Hy sal die hemel sluit sodat daar nie reën is en die grond nie sy opbrengs lewer nie en julle vinnig verdwyn uit die goeie land wat die HERE aan julle gaan gee. “ Koester hierdie woorde van my met hart en siel. Bind dit as 'n teken om julle hande en laat dit versierings op julle voorkoppe wees. Leer dit vir julle kinders deur daaroor te praat wanneer jy in jou huis sit en op pad is, wanneer jy gaan lê en wanneer jy opstaan. Skryf dit op die deurkosyne van jou huis en op jou stadspoorte, sodat julle en julle kinders baie jare lank kan leef op die grond wat die HERE met 'n eed aan julle voorvaders beloof het om aan hulle te gee, so baie as wat die jare van die hemelruim bo die aarde is. “ Ja, as julle hierdie hele gebod wat ek vir julle voorskryf, sorgvuldig nakom deur dit uit te voer, die HERE julle God lief te hê, al sy paaie te volg en aan Hom vas te hou, dan sal die HERE al hierdie nasies voor julle uitdryf. Julle sal nasies wat groter en magtiger is as julle, verdryf. Elke plek waar julle voetsole trap – aan julle sal dit behoort. Van die woestyn af tot by die Libanon en van die rivier af, die Eufraatrivier, tot by die see in die weste sal julle grondgebied wees. Niemand sal voor julle standhou nie. Die HERE julle God sal, soos Hy julle beloof het, op elke plek in die land wat julle betree, vrees en angs vir julle laat posvat.
Lees Deuteronomium 11
Deel
Vergelyk alle weergawes: Deuteronomium 11:16-25
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's