Amos 9:13-14

Amos 9:13-14 AFR20

“Kyk, daar kom dae,” is die uitspraak van die HERE, “wanneer die een wat ploeg die een wat graan oes, sal inhaal, en die een wat druiwe trap die een wat die saadsak dra. Die berge sal drup van druiwesap en die heuwels sal golf van graan. Ek sal die lot van my volk Israel verander. Hulle sal hulle verwoeste stede herbou en bewoon; hulle sal wingerde plant en die wyn daarvan drink; hulle sal tuine aanlê en die vrugte daarvan eet.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid