Dít is die boodskap wat Hy vir die kinders van Israel gestuur het toe Hy die evangelie van vrede wat deur Jesus Christus gekom het, verkondig het: Hy is die Here van alle mense. Julle weet wat dwarsdeur Judea gebeur het – dit het begin in Galilea, ná die doop wat Johannes verkondig het – hoe God Jesus van Nasaret met die Heilige Gees en met krag gesalf het. Hy het die land deurreis, goed gedoen en almal wat onder die mag van die Duiwel was, genees, omdat God met Hom was. Ons is getuies van alles wat Hy in die land van die Jode en in Jerusalem gedoen het. Maar hulle het Hom omgebring deur Hom aan 'n kruishout op te hang. Vir Hom het God op die derde dag opgewek, en beskik dat Hy verskyn – nie aan die hele volk nie, maar aan getuies wat vroeër reeds deur God aangewys is – aan ons wat saam met Hom geëet en gedrink het nadat Hy uit die dood opgestaan het. En Hy het ons beveel om aan die volk te verkondig en kragtig te getuig dat dit Hy is wat deur God aangewys is as Regter oor die lewendes en die dooies.
Lees Handelinge 10
Deel
Vergelyk alle weergawes: Handelinge 10:36-42
10 Dae
As gelowiges is dit so belangrik om saam te reis deur Bybelboeke. Hierdie reeks is bedoel vir elkeen wat wil reis deur die Boek Handelinge met 'n spesifieke fokus op sekere tekste en wat dit vir ons sê van die kerk. Sluit aan by ons.
28 Days
Do you feel overwhelmed, dissatisfied, and stuck in a rut? Wishing your day-to-day life could improve? God's Word is your guide to brighter days. During this 28-day reading plan, you will discover ways you can go from living just a good life to living the type of better life that God desires you to have.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's